" Dit spook hier woes met nuwemaan " deur BOERNEEF [boodskap #73853] |
Sat, 22 February 2003 00:52 |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Boerneef (I.W. van der Merwe)
Dit spook hier woes met nuwemaan
Dit spook hier woes met nuwemaan
maar kwaaier nog met donkermaan
drink die kruie sluk die als
maak jou reg vir die spokewals
hierbo by Orlandini se werf
waar Poljon saans sy twak sit kerf
word fees gevier tot daglumier
maar wie en wat op hoe 'n manier
sluk liewer nog 'n groot dop als
en maak jou klaar vir die wisselwals
|
|
|